Hoekom is leer so 'n pyn?

Leer. Studeer. Swot. Noem dit wat jy wil. Daar is min (indien enige) mense op hierdie aarde wat dit geniet om te leer vir 'n toets of eksamen.  Wanneer 'n kind moet leer verander hy skielik in ' n behulpsame lid van die gesin. Hy sal enige iets doen om die leerdery uit te stel.  Die vuil sak word in die buite asblik gegooi, skottelgoed word kombuis toe gedra en kamers word van voor tot agter skoon gemaak. Enige iets om die leerdery te vermy. Tieners reggresseer na hulle peuter jare wanneer dit eksamen tyd is.  Tantrums word gegooi, trane word gestort en die wereld (veral sy ouers en onderwysers), word gesien as uiters wreed en ongevoelig.  Gefrustreerde ouers is op die punt om hul kind na die verste moontlike koshuis  te stuur. Eksmentyd is 'n resep vir tragedie.

Daar is egter maniere om die leerdery effens makliker te maak.  Die eerste en belangrikste is voorbereiding.  Vanaf dag 1 moet skoolwerk opgesom en geliaseer word.  Dis baie makliker om elke dag 3 bladsye op te som, as wat dit is om massas werk voor die eksamen te probeer opsom en leer. Opsom is deel van die leerproses en nie net iets om die leerwerk minder te maak nie.  Ons maak soms die fout om namens ons kinders die werk op te som. Dit is egter die grootste fout wat ons kan maak.  Dis soos om vir jou atleet kind te se jy sal namens hom oefen, hy hoef net deel te neem aan die byeenkoms.

Moedig jou kind aan om elke dag 'n tydjie af te staan aan opsommings. Dit sal sy leerwerk bae makliker maak.

Onthou, in hierdie lewe kry jy iets vir iets en niks vir niks.

Tot volgende keer



Comments

Popular Posts