Die geheim van prente en kleure

Die menslike brein is  kompleks, fassinerend en interessant..  Die manier hoe ons breine inligting bymekaar bring, is werklik fassinerend.  Dink byvoorbeeld aan hoe jou brein kan onthou waar jy was en wat jy gedoen het op 'n sekere dag.  Kom ons dink terug aan 11 September 2001 toe Amerika deur terroriste aangeval is.  Ek kan presies onthou waar ek daardie dag was en wat ek gedoen het toe ek die nuus gehoor het. Ek kan onthou dat dit effens begin reen het en dat ek by 'n vriendin gekuier het. Ek onthou haar ma se reaksie en skok en hoe almal vasgenael voor die televisie gesit het terwyl die gruwelike gebeure voor ons oe afgespeel het.  Maar ek kan nie onthou wat op 10 September of op 5 Oktober gebeur het nie.  Maar die gebeure van  die 11de is in my geheue gegraveer vir altyd. Net so kan jy jou leerwerk makliker onthou deur vir jou brein 'n assosiasie te skep wat dit in staat sal stel om die inligting te onthou.

Ons brein is gemaak om assosiasies te skep en assossiasies te onthou.  Daarom is dit wys om van prente en kleure gebruik te maak in jou opsommings.  Dit verg oefening om prente en kleure reg te gebruik in jou opsommings, maar dis beslis die moeite werd.  Leerders kla dat dit  te lank vat om prente te gebruik, maar met oefening kan jy blitsvinnige opsommings maak met prente en kleure.  Wanneer jy jou opsommings memoriseer, neem  jou brein die prent eerste in en dan die assosiasie.  Tydens die eksamen herroep jou brein die prent assosiasie en is dit soveel makliker om die vraag te beantwoord.

Onthou dus om jou opsommings kreatief en interessant te hou.  Dink buite die boks, soos om 'n "powerpoint" aanbieding te maak.  Jou brein sal so die inligting makliker onthou.  Som elke dag 'n bietjie op.

Groete tot volgende keer

Comments

Popular Posts