Hoe moet my ADD/ADHD kind studeer?

Dis 7:05 op 'n Maandagoggend. Dis tyd om die kinders by die skool te gaan aflaai. Almal het klaar ontbyt geeet en is besig om aan te trek en alles gereed te kry vir die skooldag. Die tyd loop aan en jy begin effens haastig en ongeduldig voel.  Jy sien in jou geestesoog hoe druk die verkeer is en jy begin wonder of jy almal betyds by die skool gaan kry.   Jy staan gereed met die kar se sleutel in jou hand toe jy dit hoor.  Jou graad 1 dogtertjie het haar blokfluit ontdek en speel te heerlik.  Die woede bruis deur jou are en jy storm na haar kamer.  Daar staan sy nog in haar slaapklere, besig om heerlik fluit te speel.  Nou weet jy verseker dat jy laat gaan wees en dat jy in die aaklige verkeer gaan vassit.  Wanneer jou klein dogtertjie groter word, gaan die uitdaging wees om haar gefokus te kry om stil te sit en te leer vir die eksamen. Maar dit lyk na 'n onmoontlike taak. Haar aandag word so maklik afgelei en jou bloeddruk styg elke keer wanneer sy moet huiswerk doen of leer vir 'n toets.

Dit is nie 'n maklike taak om jou kind met ADD of ADHD sover te kry om te fokus op haar studies nie.  Maar daar is maniere om die leerproses makliker te maak. Eerstens moet jy aanvaar dat jou kind nie vir lank gaan stilsit en leer nie. Maak die sessies korter, op die langste 'n halfuur.  Kinders met ADHD is in baie gevalle kinetiese leerders.  Hulle leer die beste deur beweging.  Daarom is dit goed dat sy skryf terwyl sy leer, of selfs sit en tik op die rekenaar.  'N goeie metode is om 'n groot witbord te kry waarby sy kan staan en die werk op die bord skryf terwyl sy leer.  Sy hoef nie elke woord neer te skryf wat sy leer nie. Al staan sy net en skribbel terwyl sy die werk hardop vir haarself opse.   Dit gaan oor beweging.  Die proses van beweging help haar om beter te fokus.  Ander metodes wat jy kan gebruik is om 'n los mat onder haar lessenaar te sit. Terwyl sy leer help die voete se beweging onder die los mat haar om van die oortollige energie ontslae te raak.  Kinders met ADD/ADHD leer die beste deur van verkillende sintuie gebruik te maak.  Hulle moet die werk SIEN, dit HOOR en dit VOEL.  Hoe werk dit? Hulle lees en herhaal die werk (sien) hardop vir hulleself en verduidelik die werk vir hulleself tot hulle dit verstaan (hoor).  Terwyl hulle leer, skryf of tik hulle die hoofpunte (voel) op 'n witbord of papier.  Probeer dat haar studiehoekie so min as moontlik dinge het wat haar aandag kan aftrek. Dit moet ook stil wees en daar moenie baie beweging wees wat haar aandag kan aftrek nie.

Ons studie metode kursus behels individuele tyd saam met jou kind.  Haar unieke behoeftes word in ag geneem en sy word tegnieke geleer om haar studies makliker te maak.  Ons kursus is ook nou beskikbaar as 'n aanlyn kursus.  Kontak Mariana by 072 265 9639 of epos optikidz@gmail .com vir 'n afspraak.

Groete tot volgende keer

Comments

  1. Haalo daar.

    Baie dankie vir die stukkie. Dit laat my beter voel. My dogter word 11 en het ADHD. Ek sukkel klaar met die leer. Ek help haar nog met die leer proses. Sy kan nie alleen leer nie. Sy sal bv op haar knieƫ staan op die bed dan na n ruk haar kop op die bed neerle met haar boude in die lug. Dis wanneer sy die leerwerk die beste snap. Dis moeilik... hoop dit gaan beter word met tyd.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular Posts