Tegnologie en my kind se studies

Tegnologie is iets waarsonder min mense vandag kan lewe. Selfone, die internet, email, facebook en twiiter, om nie eers van tv te praat nie. Ons lewe in 'n era wat ver verwyder is van hoe ons as kinders grootgeword het. Sommige mense is skrikkerig vir tegnologie, ander is verslaaf daaraan.  Sommige mense wil nie hulle kinders daaraan blootstel nie, ander is net te dankbaar vir tegnologie wat hulle kinders kan besig hou. Tegnologie is egter 'n wonderlike hulpmiddel wanneer dit by studeer kom. 

Die meeste van ons se prentjie van opsommings is 'n stuk papier met woorde op geskribbel. Tegnologie verander egter hierdie prentjie heeltemal. Die meeste kinders wat by my 'n studie kursus bygewoon het, wil eerder op 'n rekenaar opsom as op papier.  Dit is vir hulle baie lekkerder om voor die rekenaar te sit en hulle konsentrasie is baie beter voor die rekenaar.  Vir meer inligting oor hoe om op 'n rekenaar op te som, boek gerus 'n studiekursus by optikidz@gmail.com.

Tegnologie maak studeer op ander vlakke ook baie makliker. Soveel hulpmiddels is aanlyn beskikbaar.  'N nuwe wonderlike hulpmiddel vir wiskunde en wetenskap is 'n website wat geborg word die Aktuaris vereniging van SA. Hulle poog om kinders se wiskunde en wetenskap vaardighede te verbeter. Daar is 1000e hulpmiddels beskikbaar wat beslis 'n positiewe impak op jou kind se punte sal he. Gaan besoek die website by www.mathsandscience.com.

Daar is duisende rekenaar speletjies beskikbaar wat kinders se vaardighede in amper elke vak verbeter. Tegnologie is 'n wonderlike hulpmiddel as dit reg aangewend word. Ons lewe in 'n tyd waar soveel hulp beskibaar is. Gebruik dit en sien die verskil in jou kind se punte.

Comments

Popular Posts