My ADHD/ADD kind en tegnologie (deel1)

Tegnologie is 'n wonderlike hulpmiddel as dit reg gebruik word, maar wat is die invloed van tegnologie op die ADHD/ADD kind? Kan tegnologie konsentrasie verbeter, of het dit 'n negatiewe invloed op konsentrasie vlakke?

Sommige ouers van ADHD/ADD kinders is gefassineer deur die feit dat hul kind vir ure lank kan televisie kyk, maar nie vir 10 minute kan konsentreer op 'n ander taak nie.  Dat hulle lank kan fokus op 'n rekenaar speletjie, maar nie 'n maklike boekie kan deurlees nie. Navorsing reken dat dit moontlik is dat die flitsende beelde van televisie en rekenaar speltetjies, 'n negatiewe impak op die kind se konsentrasie in ander areas kan he. 

Die meeste kundiges stem hiermee saam, maar 'n beweging het onstaan wat juis tegnologie gebruik om die ADHD/ADD kind te help om beter te konsentreer. Hierdie beweging het 'n aantal rekenaar speletjies ontwikkel om die ADHD/ADD kind te help om sy konsentrasie te verbeter en sy vermoe om inligting te stoor, te versterk.  Een van hierdie speletjies, Brain trainer working memory trainer, gee die volgende beskrywing by hul speletjie: "Working memory is a central intellectual faculty linked to IQ, aging and mental health. It has been claimed that memory training programs are effective means, not only for treating ADHD, ADD and other childhood disorders, but to improve intelligence and school attainment in all children and adults".  

Hierdie speletjies is juis ontwikkel met die ADHD/ADD kind in gedagte.  Dus word aspekte soos flitsende ligte, harde klanke en tyd in ag geneem. Die volgende beskrywing word gegee by die speletjie Memory and attention lite:  "Kids with good visual memory are more efficient when processing visual information.  They learn to read and write faster and make fewer mistakes while writing. Games aimed at training attention improves observation and concentration, while decreasing impulsiveness. Such games are useful for kids who have problems concentrating on tasks and paying attention, like ADHD and ADD". 

Tegnologie, indien reg gebruik, kan wel 'n positiewe impak op die ADHD/ADD kind he. Maar balans is die antwoord. In die volgende uitgawe wys ek presies hoe om die ADHD/ADD kind te help deur die gebruik van tegnologie.

Comments

Popular Posts