Begin die skooljaar reg

www.helpmyleer.wozaonline.co.za     optikidz@gmail.com

Die begin van 'n nuwe skooljaar het baie uitdagings.  Dit en dat moet gekoop word, boeke moet oorgetrek word en die huissport en atletiek seisoen is met ons.  Dit voel soos 'n groot gejaag en die vakansie is 'n verlangse herinnering.  Voor ons kan glo is die eerste toetsreeks aan die gang en moet daar weer hard geleer word.  Nou is die tyd om die fondamente vas te le vir die res van die jaar se toetse en eksamens.  Hier is 'n paar wenke om die fondamente reg te le:

  • Boek 'n tyd uit wanneer die dag of die week se opsommings gedoen word.  Sorg dat jou kind nie langer as 'n week agter raak met sy of haar opsommings nie;
  • Laat die kind self opsom (jy kan wel bysit en raad gee).  Opsom is deel van leer en moet deur die kind self gedoen word;
  • Koop 'n groot wit skryfbord waarop die kind kan skryf en notas maak terwyl hy opsom en leer;
  • Begin solank vraestelle bymekaar maak waarop die kind kan oefen.  Praat met onderwysers, veral wiskunde, wetenskap en rekeningkunde, om vraestelle vir jou kind beskikbaar te maak;
  • Wees positief en motiveer jou kind.
Sterkte aan almal vir die nuwe skooljaar!

Comments

Popular Posts