Die rekenaar as studie hulpmiddel

Studie metode kursus ter voorbereiding van die Junie eksamen. Saterdag 31 Mei 2014. Slegs 20 plekke beskikbaar.

Om skoolwerk op te som is vir menige kind 'n groot straf. Dis groot moeite om die werk neer te skryf en te probeer kreatief wees terwyl jy veel eerder iets anders wil doen. Die meerderheid leerlinge haat dit om op papier op te som. Dit voel soos huiswerk en is baie moeite.  Wat egter wel interessant is, is dat dit vir die leerlinge makliker voel om hul werk op rekenaars of tablette op te som.  

Daar is heelwat maniere om die rekenaar of tablet as opsom hulpmiddel te gebruik. Daar is wonderlike "apps" wat spesifiek gemik is om die proses van leer en opsom makliker te maak. Onder andere is daar Zamurai, Flowboard, Show me, Edu creations en IMindmap. 

Om slegs Microsoft Word te gebruik is ook handig. Verskillende vorms kan gebruik word en clipart kan ingevoer word om dit interessant te maak. Kleure kan afgewissel word en verskillende fonts kan gebruik word. Dis belangrik om opsommings esteties mooi te maak omdat die verskillende kleure en vorms en prente dit vir die leerling makliker maak om assosiasies te maak en die werk te memoriseer.  

Microsoft Powerpoint is nog 'n handige studie hulpmiddel wat gebruik kan word. Leerlinge kan 'n "slide show" maak van byvoorbeeld 'n langvraag. Klank kan bygevoeg word in die vorm van die leerling se eie stem of selfs musiek sonder lirieke. 

Vir meer inligting oor presies hoe om die rekenaar te gebruik tydens studie, kontak ons vir 'n studiekursus by 072 265 9639 of email ons by optikidz@gmail.com

Comments

Popular Posts