Gevaar!! Die slaggate van verkeerde leermetodes

"Ek leer hard, sommer ure aanmmekaar, sonder om te rus."
"Ek is baie fluks.  Die oggend voor 'n toets staan ek 4 uur op om my werk te leer."
"Ek begin die dag voor die tyd leer vir 'n toets."
"Ek oorleef op Red Bull en Coke tydens eksamen."
"Ek werk hard aan my opsommings.  Ek skryf elke woord in my handboek neer sodat ek presies kan onthou wat ek moet leer."
"Ek spaar tyd met opsommings deur nie verskillende kleure of prente te gebruik nie."
"Ek verstaan nie hoekom ek sleg doen nie.  Ek lees dan my wiskunde deur voor ek toets skryf."

Studeer is in 'n groot mate 'n wetenskap.  Vergelyk dit met 'n sportman.  Jy oefen op die regte tye op die regte manier om op die perfekte tyd jou beste vertoning te lewer.  Geen sportman sal 'n dag voor die Olimpiese spele eers begin oefen vir sy item nie.  Hoekom doen ons dit met ons studies?  Ons wil die beste prestasie kry, maar met die minste moeite.

Studies verg beplanning en oefening.

1.  Moenie die leersessies te lank hou nie.  Leer maksimum vir 50 minute lank en rus dan 10 tot 15 minute lank.  Probeer in die rustyd iets aktiefs doen.

2.  Moet nooit die oggend voor 'n toets vroeg opstaan om te leer nie.  Sorg dat jy teen die laatste 8 uur die aand voor 'n toets ophou leer en gaan slaap normale tyd.

3.  Beplan jou studies vooruit.  Sodra jy jou toets of eksamen rooster kry, stel 'n tydskaart op sodat jy betyds al jou werk kan leer.

4.  Eet gesond voor en tydens eksamen.  Eet verkieslik lae GI kos wat jou bloedsuiker stabiel hou.  Dit sal jou help om die inligting beter in te neem.

5.  Jou opsommings moet klaar wees voor jy begin leer vir die toets of eksamen.  Sorg dat jou opsommings permanent op datum is.

6.  Wiskunde is 'n oefenvak.  Werk vraestelle deur en maak seker dat jy die konsepte verstaan.

Met beplanning en oefening kan jy 'n groot sukses van jou studies maak.  Vermy die slaggate en met hard werk gaan jou prestasie baie beter word.

Groete

Comments

Popular Posts